send link to app

ABC met Vuurhoutjie/ ABC with Matchie app for iPhone and iPad


4.4 ( 9824 ratings )
Education Book
Developer: Vuurhoutjie Produksies (Pty) Ltd
2.99 USD
Current version: 1.0, last update: 7 years ago
First release : 03 May 2015
App size: 95.78 Mb

Kom leer saam met Vuurhoutjie die alfabet

Vuurhoutjie is ’n lewenslustige, energieke en vurige mannetjie wat brand om jou te leer.

Die alombekende stem van Magda van Biljon bring nuwe lewe aan die alfabet en sy klanke – in Afrikaans !

Hierdie toepassing is hoofsaaklik gemik op leerders tussen die ouderdom van 4 en 7 jaar. Die interessante animasie sal egter jonger leerders se aandag ook behou.

Deur middel van herhaling, assosiasie en die opwindende animasie sal jou kleuter die alfabet op ’n speelse manier baasraak – beide op ’n visuele en ouditiewe vlak.

Elke letter het ’n naam en ’n klank. In hierdie toepassing word die klem juis op die klank gelê. Hierdie klanke vorm die boustene vir lees en spelling.

Elke letter van die alfabet word geklank met ’n bypassende woord, sin en prentjie. ’n Kombinasie van eenvoudige en meer komplekse woorde is gebruik om woordeskat uit te brei en sodoende taalontwikkeling te stimuleer.

Die toepassing is uiters gebruikersvriendelik en leerders behoort sonder ouerleiding die program te kan gebruik.

Kom leer saam met Vuurhoutjie en gee jou kind speel-speel ’n voorsprong!

Learn the Alphabet with Matchie

Matchie is an energetic, fiery and full of life character. He makes learning the alphabet loads of fun.

The alphabet is brought to life by the well-known voice of Magda van Biljon in the Afrikaans version.

This application is developed mainly for children between the ages of 4 to 7 years. However, because of the interesting animations, younger learners will also benefit.

Your child will master the alphabet in a playful manner, by means of repetition, association and the exciting animations - on an auditory as well as visual level.

Every letter has a name and a sound. In this application the emphasis is specifically on the sound – which is the platform for reading and spelling.

A picture, word and short sentence are used to explain the articulated sound. Basic and more complex words are used to expand vocabulary, therefore stimulating language development.

This application is extremely user friendly and requires minimal parental guidance.

Give your child a head start - with Matchie!